CIA SE SLUIPMOORD OP VSA

Dr Danie Theron

In die sestigerjare is die wêreld geskud deur verskeie sluipmoorde op politieke figure. Suid-Afrika het sy grootste leier ooit verloor en die VSA het nie minder nie as vier sluipmoorde beleef; dié op president John F Kennedy, Martin Luther King, Malcolm X en senator Robert Kennedy.

Die interessante egter van al hierdie moorde is dat nie een opgelos is nie. Lesers sal miskien verbaas wees oor hierdie stelling, maar diegene wat wel moes opdok vir hierdie moorde, was net instrumente (“patsies”), of soos Sirhan Sirhan, wat nou nog in die tronk sit, vir Robert Kennedy se moord, gesê het, “puppets”.

In ‘n boek wat pas verskyn het van Lisa Pease, A Lie Too Big To Fail: The Real History of the Assassination of Robert F. Kennedy, word die sluipmoord van die senator bespreek en die rol van die CIA daarin. Veral wat betref die toesmeer van die belangrikste getuienis.

Sirhan, ‘n Palestyn, was wel op die toneel, maar het volgens al die getuies en getuienis, voor Kennedy gestaan toe die skote afgevuur is, terwyl drie skote van agter hom getref het. Ander getuienis waaronder dié van die helper van Kennedy op die toneel wat ook raakgeskiet is, ‘n verkiesingswerker buite wat mense sien weghardloop het terwyl hulle skreeu dat hulle Kennedy geskiet het, sowel as duisende foto’s wat vernietig is, vertel die verhaal van ‘n toesmeer van die saak, terwyl Sirhan nou al meer as 50 jaar in aanhouding is. Ook Kennedy se eie seun glo Sirhan se weergawe dat hy nie vir die moord verantwoordelik was nie.

Sedertdien en veral weens die feit dat Amerikaners in ‘n hipnotiese waas verkeer het sedert hierdie sluipmoorde, is gewetenlose agenda deur die CIA in samewerking met die geldmagte gevolg om almal wat die agenda teenstaan, te ignoreer of te snoer. Die waarheid oor hierdie moorde is te gevaarlik om bekend te word, selfs na 50 jaar. Dit kan net beteken dat die agenda steeds uitgevoer word en dat diegene wat daarby betrokke was en is, steeds leef.

Pease skryf onder meer:

           But the way the CIA took over America in the 1960s is the story of our time, and too few recognize this. We can’t fix a problem we can’t even acknowledge exists.

Dit is ware woorde. Sirhan het verklaar dat hy ‘n “puppet” is, soos ons almal wat die amptelike storie glo. Lee Harvey Oswald, die beweerde moordenaar van president Kennedy het gesê dat hy net ‘n “patsy” is. En hier kan ons in Suid-Afrika toevoeg dat Tsafendas net ‘n pion was in die hande van die geldmagte. Die probleem in al hierdie gevalle was dat die sake nie behoorlik ondersoek was nie, want behoorlike ondersoeke sou aan die lig gebring het dat hierdie leiersfigure vermoor was omdat hulle in die pad gestaan het van die Joodsbeheerse agenda. Die Kennedy-broers was liberaal ja, maar hulle wou onder meer die Koue Oorlog beëindig juis omdat dit ‘n leuen was wat verkoop is aan die wêreld net om Joodse belange te dien. Dit het die geldmagte nie gepas dat die leuen reeds op daardie stadium ontmasker word nie. Soos met die sluipmoord op dr Verwoerd moes Amerika ook hoor dat Sirhan ‘n “lone assassin” was. Baie interessant is Pease se bevinding dat Sirhan waarskynlik onder hipnose was, soos ons nou weet Tsafendas ook was.

Vandag sien ons hoe almal die leuen moet glo dat Rusland die vyand is, terwyl Rusland vrede nastreef. Dat Amerika die vrye wêreld se vyand is, is klaarblyklik net in te sien vir diegene wat nie met geld omgekoop kon word nie. Die Demokratiese Party, gesteun deur die geldmagte, se ondersoek na Trump se beweerde bande met Rusland voor sy verkiesing het toe inderdaad niks opgelewer nie, maar hulle het vir twee jaar daarin geslaag om enige wesenlike bande met Rusland te verhoed. Nou moet hulle na ‘n nuwe storie soek om die vyandskap met Rusland lewendig te hou sodat die private wapenvervaardigers kan geld maak.

Pease se opsommimg van hierdie gebeure is gepas:

The assassination of the top four leaders of the political left in the five year period – President John Kennedy in 1963, Malcolm X in 1965, and Martin Luther King, Jr. and Senator Robert Kennedy in 1968 – represented nothing less than a slow-motion coup on the political scene.

Die boek beslaan meer as 500 bladsye met meer as 800 voetnota’s wat getuienis is van ‘n omvangryke ondersoek van 25 jaar. Die probleem met die oplos van hierdie moorde is dat dit, indien die ware moordenaars nie aan die kaak gestel word nie, hulle greep op die massa net verstewig. Hulle word onaantasbaar en word selfs bewonder. En die media (die perstitute) swyg of lieg saam. Joernaliste wat die waarheid skryf verloor hulle werk, dis so eenvoudig soos dit is.

As links-liberales saamsweer om wandade soos hierdie te pleeg, dan mag niemand dit as ‘n sameswering beskryf nie, en word dit bespotlik gemaak. As regses egter betrokke is of selfs net verdink word van soortgelyke gebeure, dan is dit beslis ‘n sameswering. U sien, ‘n sameswering dui op die betrokkenheid van meerderes, wat in al hierdie moorde beslis die geval was, terwyl daar gou besluit is dat dit ‘n enkele mal moordenaar was wat verantwoordelik was.

Sommiges mag dink dat dit ‘n futiele oefening is om weer na moorde te kyk wat meer as 50 jaar gelede plaasgevind het. Feit is, as die ware motief vir die moorde vasgestel is, sal mense tot die skokkende besef kom hoe hulle om die bos gelei en bedrieg is en waarheen ons op pad is.

Pease se opsomming van die gebeure is baie waar:

It was horrible that Robert Kennedy was taken from us far too soon. It is horrible that one man has borne the guilt for an operation he neither planned nor willingly participated in. It’s horrible the conspiracy was so obvious that bullets had to be lost and switched to hide it. And it’s horrible that the mainstream media has never dared to tell the people of this country that the government lied to us about what they really found when they looked into this case. Until the media can deal with the truth of the Robert Kennedy assassination, and until the people can be made aware of the CIA’s role in slanting the truth on topics of great importance, America’s very survival is in jeopardy… We’ve come perilously close to losing democracy itself because of fake, CIA-sponsored stories about our history. Should America ever become a dictatorship, the epitaph of our democracy must include the role the mainstream media, by bowing to the National Security state, played in killing it.

Die digter Aescylus het geskryf:

And even in our sleep, pain which cannot forget falls drop by drop upon the heart, until in our own despair, against our will, comes wisdom through the awful grace of God.

Om die waarheid te soek in ‘n geskiedenis wat in leuens toegedoek is, is ‘n moeilike taak, maar van uiterste belang indien ons vandag se toestand wil verstaan en die toekoms met vertroue tegemoet wil gaan. Ek is bekommerd oor mense wat klaarblyklik geen erg aan die waarheid het nie en bloot elke gebeurtenis aanvaar op sigwaarde.

Is ons regtig bestem tot slawerny?