KULTUURDAGBOEK 19 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die historikus en redakteur, Gustav Preller, het 'n besondere verhouding met premier Louis Botha gehad. Die twee manne het dikwels in mekaar se oor gefluister. Preller het meer keer vir Botha van geskiedkundige inligting vir toesprake voorsien, en Botha het hom gevra om deur middel van die pers die hartklop van die volk te help bepaal.
In 'n brief onder hierdie datum bekla hy sy lot teenoor Preller omdat die Sinode van die Nederduits Hervormde, of die Gereformeerde Kerk in Transvaal, onder ds HS Bosman as Moderator, die politieke voormanne bespreek het.
Botha het beweer dat sy eie Kerk hom en die leiers beledig, beskinder en beklad het (nie sonder oorsaak...): "Ander kerke weer organiseer teen 'n mens. Dit lyk asof ek nie meer die vertroue geniet nie. Maar met vriende en met die kerk gaan ek nie baklei nie. Dan tree ek eerder uit. Ek laat my selfs van predikante nie langer trap nie." skryf genl Botha in die brief aan Preller. Waar 'n rokie trek...