KULTUURDAGBOEK 16 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Federale Mynbou Beperk, die eerste Afrikaanse mynfinansierings- en eksplorasiemaatskappy, is deur Federale Volksbeleggings en Bonuskor gestig nadat FVB reeds in 1943 finansiering verskaf het vir die Klipfonteinsteenkoolmyn, 'n pioniersonderneming van die broers Jacques en Wentzel du Plessis.
Die maatskappy is met 'n aanvanklike kapitaal van R120 000 gestig, met as die eerste direkteure dr WB Coetzer (voorsitter), dr MS Louw en menere GJ van Zyl, CH Brink en PR Rörich.
Federale Mynbou se bedrywighede het aanvanklik grootliks steenkoolontginning behels,
maar die goudmynbedryf sou vroeër of later betree moes word om die maatskappy se ontwikkeling tot volwaardige mynhuis te verwesenlik,
Voor 1960 is met oorname-ondersoeke begin totdat 'n belang in 1963 in General Mining and Finance-korporasie verkry is – 'n belang wat in Januarie 1965 tot effektiewe beheer gelei het.
In 1976 het nog 'n groot mynhuis, Union Corporation, 'n filiaal van General Mining geword, met Federale Mynbou as die uiteindelike houermaatskappy.