1705: ADAM TAS SE DAGBOEK

KULTUURDAGBOEK 13 JUNIE

Lees volledig by Kultuurdagboek

Die bestaande afskrif van 'n fragment van Adam Tas se Dagboek dagteken van 13 Junie 1705 af, maar die oorspronklike Dagboek, wat al verlore gegaan het of vernietig is, het verder terugdateer.

Met die inhegtenisneming van Adam Tas in die nag van 27/28 Februarie 1705 is sy skryfkabinet tesame met die Dagboek en ander korrespondensie na Kaapstad geneem. Goewerneur Willem van der Stel het afskrifte laat maak van die deel wat die tydperk 13 Junie 1705 tot 27 Februarie 1706 dek omdat hy gemeen het dat die deel veral inkriminerend teenoor Tas sou wees.

Gelukkig dat hierdie fragment behoue gebly het want dit is werklikwaar 'n kultuurjuweel.

Daar is kostelike beskrywings onder andere van Stellenbosch en die Stellenboschers in die begin van die agtiende eeu. Reeds in 1914 het die historikus Leo Fouché die Dagboek as uitgawe herdruk.

Adam Tas het in 1697 as jong man na die Kaap gekom. Op 7 Junie het hy in die huwelik getree met Elizabeth van Brakel, die ryk weduwee van Hans Jürgen Grimpe. So het hy eienaar geword van die plaas wat hy later Libertas genoem het.