KULTUUR- DAGBOEK 11 JUNIE

Lees volledig by Kultuurdagboek

1. 1754: Anton Anreith, wat op hierdie dag op Riegel naby Freiburg in Duitsland gebore is, was 'n beskeie en talentvolle kunstenaar wat hom in 1777 aan die Kaap gevestig het waar hy bekendheid verwerf vir sy sierlike beeldhouwerk, ondermeer in die Lutherse Kerk en as skepper van die kansel in die Groote Kerk. In samewerking met die argitek Thibault, is hy verantwoordelik vir die versiering in verskeie Kaapse geboue. In 1805 word die eerste kunsskool in Suid-Afrika deur hom gestig. Hy is op 8 Maart 1822 in sy huis in Bloemstraat, Kaapstad, oorlede.

2. 1906: Lees in hoofartikel oor NP van Wyk Louw wat op hierdie dag gebore is.