KULTUUR- DAGBOEK 10 JUNIE

Lees volledig by Kultuurdagboek

1. 1855: Pres Jacobus Nicolaas Boshoff word in die amp van staatspresident van die Republiek van die Oranje-Vrystaat bevestig.

2. 1909: Die Christelike sangvereniging ASAF word in Pretoria gestig. Dit kom tot stand deur die ywer van dr S.O. Los, wat in 1908 as predikant van die Geref Kerk Pretoria bevestig is. Dit word op hierdie dag gestig onder leiding van die orrelis Petrus van den Burg, wat ook optree as direkteur van die koor. Die lede van die koor was almal uit die Hollands-Afrikaanse gemeenskap afkomstig. Volgens resensies in De Volkstem het die Asaf-koor 'n hoƫ peil in sy optredes gehandhaaf en is hy goed deur die publiek ondersteun. Die laaste optrede op 7 April 1926, was 'n uitvoering van die Elia van Mendelssohn, waarna die vereniging ontbind is.

3. 1872: Lees in hoofartikel oor Genl JCG Kemp se lewe.