1934: VOLKSKAS REGISTREER.

KULTUURDAGBOEK 9 JUNIE

Lees volledig by Kultuurdagboek

Gestig uit eie bodem, uit eie geledere, met 'n aanvangskapitaal van R1 026 en geïnspireer deur 'n diepgewortelde plaaslike behoefte om eie geldmiddele te mobiliseer, het Volkskas sedert hierdie dag, toe hy as koöperatiewe volksbank geregistreer is, geleidelik gegroei.

Ses jaar later, toe Volkskas se bedrywighede tot dié van 'n handelsbank verbreed het, het 'n ongekende groeitydperk ingetree en is grootskaalse uitbreiding van alle vertakkings van sy besigheid ondervind.

As gevolg van die vereistes van die Bankwet van 1942, het Volkskas dit moeilik gevind om as koöperatiewe vereniging voort te gaan en is dit gevolglik in 1944 kragtens die Maatskappywet van 1926 as Volkskas Beperk geïnkorporeer.

Op 27 Junie 1947 is Volkskas kragtens die Bankwet as handelsbank geregistreer. Gerugsteun deur sy toenemende klandisie, hoofsaaklik Afrikaners, het hy met rasse skrede uitgebrei. Waar hy in 1935 'n gestorte kapitaal van slegs R3 000 gehad het, bates van R26 000 en net oor twee kantore beskik het, beheer Volkskas later in 1978 bates van bykans R 3 000 miljoen en dien die publiek op daardie tydstip vanuit 577 takkantore.

Die rol wat Volkskas toe in die bevordering van die Afrikaner se ekonomiese strewe gespeel het voordat dit baie jare later deur die wêreldgeldmag gekaap is en nou die Afrikaner se ondergang help bewerk, was enorm.