1928: YSTER- EN STAAL- NYWERHEIDS- WET AANVAAR

KULTUURDAGBOEK  5 JUNIE

Lees volledig by Kultuurdagboek

 

SO UITSTEKEND HET SUID-AFRIKA ONDER BLANKE BEHEER GEVAAR!

Met die aanvaarding van die Yster- en Staalnywerheidswet (Wet nr 11 van 1928) het die Nasionale Regering van genl JBM Hertzog statutêr die weg gebaan vir die totstandkoming van die Suid-Afrikaanse Yster- en Staalindustriële Korporasie Beperk (Yskor).

Die doel was om yster en 'n reeks staalprodukte uit inheemse grondstowwe te produseer en Suid-Afrika selfstandiger te help maak. Dit het veral aan die Afrikaner nuwe arbeidsgeleenthede gebied in 'n tydperk toe baie Afrikaners in moeilike ekonomiese omstandighede en groot geldelike nood was.

Daar is in 1934 in Pretoria met produksie begin, en in net vyftig jaar het Yskor met bykomende aanlêe op Vanderbijlpark in Transvaal en Newcastle in Natal gegroei tot die magtigste nywerheidsreus in Suid-Afrika, met 'n jaarlikse produksie van 6 miljoen ton, 'n batesyfer van R1 900 000 000 en meer as 60 000 werknemers in 1979.

So uitstekend het dit in Suid-Afrika gegaan onder 'n Blanke regering...