KULTUURDAGBOEK 5 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
DIE VIERDE RAADSAAL VAN DIE VRYSTAATSE RAADSAAL VAN DIE VRYSTAATSE REPUBLIEK WORD INGEWY
Die Volksraad van die Republiek van die Oranje-Vrystaat het om 10:00 in die derde Raadsaal in die Ou Goewermentsgebou byeengekom en is vandaar in 'n optog na die nuwe Raadsaal.
Die optog is gevolg deur die Artellerie-orkes.
Na die opening het die gehoor met groot geesdrif die Vrystaatse volkslied gesing.
Die vierde Raadsaal was die juweel in die Vrystaatse boukuns. Dit is gebou in die Renaissance-boustyl: die Griekse en Romaanse boustyle gee die indruk van 'n monument. Dit is veral waar van die trotse en dominerende vooraansig.
Grieks is die trappe, die portiek, die wye suilegange voor en aan weerskante van die saal, die gegroefde suile met hulle Ioniese kopstukke, die fries, die pediment en die kroonlys.
Op die Griekse onderbou rus die Romeinse koepel met sy agt boogvormige openinge, die lanternmotief en vlagpaal.
Die interieur van die Raadsaal is perfek uitgekies om by die gebou te pas – so ook die meublement.