Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Een van die belangrikste van die ses dinge in ons wapenrusting teen die bose geeste van Satan, is ons geloof. Wat sê Paulus sal ons daarmee kan doen? Die Bose se vurige pyle uitblus. As ons dít regkry is daar niejuis iets om voor bang te wees op hierdie aarde nie. En wat beteken dit in praktyk om geloof te hê? Dit behels om elke dag in opregtheid ons hele sondige natuur voor die Here te bely en met Hom te praat oor alles, net soos 'n klein kindjie sy ouers in sy vertroue neem, en dan rustig voort te werk in jou dagtaak met die wete dat Hy in beheer van daardie 'alles' is.
BROKKIES UIT DIE BOEK “DIE VERONTREGTES” (19)
083 444 7672)
(Die storie volg in Afrikaans onder die Engelse inligting)
The conduct of certain political leaders and their resulting political outcries and calls for insurrection due to court cases, leading to their consequent arrest and detainment.
-Roland de Vries
*
“I am fond of pigs. Dogs look up to us. Cats look down on us. Pigs treat us as equals.”
― Winston S. Churchill
*
Abraham Lincoln once asked General Winfield Scott this question: "Why is it that you were once able to take Mexico City in three months with five thousand men, and we have been unable to take Richmond with one hundred thousand men?"
"I will tell you," said General Scott. "The men who took us into Mexico City are the same men who are keeping us out of Richmond."
*
Die Ranger het toe nie te veel gesukkel nie. Die klomp mense wat die hoofpad toegemaak het, sien die voertuie teen die oorkantste wal uitry en storm nader, met die hoop dat die wal te skuins is en hulle betyds sal wees om ‘n vinnige roof te trek op die mense. Die twee ander voertuie is baie meer terreinvaardig as die Ford en klim ook maklik daaruit.
“Moet ons nie maar ‘n paar skote op hulle lostrek, sodat hulle padgee nie?” vra Kleinskeer.
“Nee, Seun. Ons is nou buite hulle bereik en ons sal net ammunisie mors. Miskien sal ons ‘n paar van hulle kan doodskiet, maar om watter rede – net omdat ons kan, of omdat ons vir hulle kwaad is?”
“Maar Oom, sal hulle nie ander mense kan aanval nie en dan keer ons hulle en help die ander so?”
“Dan sal ons almal moet doodskiet voor die voet en dit mag ons nie doen nie.”
“Hoekom?”
“Want dis onmenslik en ons gaan nie onsself so laag laat daal nie.”
Skeer kan sien dat die seun nie oortuig is nie, maar besluit om dit daar te laat.
Hulle ry so ver hulle kan op die wal langs die hoofweg en as hulle ver genoeg kan sien dat die pad skoon is, soek Arno ‘n makliker afrit en hulle klim weer terug op die hoofpad. Dis bitterlik koud in die oop voertuie.
*
Gedurende die onluste van Julie 2021 in Natal, het die inwoners van die geteisterde gebiede vinnig opgemerk dat die polisie en weermag van geen nut of waarde is nie. Gedurende die 10 dae, vanaf 9-18 Julie, is daar ongebreideld onluste gevoer, geboue geplunder, mense vermoor, baie plekke afgebrand en dit het onkeerbaar voorgekom.
Nie slegs was die SAPD en SANW totaal onkant gevang wat vooraf inligting aangaan nie, maar het vinnig geblyk ‘n onvermoë te hê om die plundery stop te sit. Selfs in hierdie klaarblyklik beperkte wetteloosheid, het dit duidelik geword dat die uniformmagte geen ingrype getoon het nie. Na die tyd is etlike onbeantwoorde vrae gevra, soos het hulle nie dit sien kom nie, of het hulle die bloot die waarskuwings – wat selfs so ver as die CIA in Amerika gekom het – doelbewus geïgnoreer, het hulle dit wel ontvang, maar was weens een of ander politieke rede nie bereid om betyds op te tree nie, waarom het dit tien dae geneem om orde te bring en is die spul deur die polisie tot inkeer gebring, of het dit bloot uitgewoed?
Uiteindelik het gewapende burgers, van alle rasse, ‘n linie gevorm om die gety te keer, voordat dit te ver die privaathuise kon indring. Die SAPD het hier ingegryp, nie om die geweldenaars te keer nie, maar het probeer om die wettiggewapende inwoners te ontwapen.
Ander vrae, wat nie so voor-die-hand-liggend was nie, is waar is die tien miljoen rondtes heen wat gedurende hierdie onluste gebuit is uit vraghouers op die Durbanse hawe? Was die onluste beplan om Jacob Zuma se vrylating te bewerkstellig, of was dit ‘n rookskerm om die ammunisie te buit? Waar is die tientalle tonne droë rantsoene, wat gebuit is, die kamptoerusting, die kommunikasietoerusting en ander middele wat ‘n privaatleër kon uitrus?
Wat was die invloed en betrokkenheid van die buiteland, en veral ISIS, Boko Hiram, en ander Islam-gefundeerde groepe? Wat is die verband met die private leër wat die ANC besig is om op te lei binne die Nasionale Kruger Wildtuin? Waar pas Lesufi se 9000 nuwe “polisielede” in?
*
“Julle verstaan nie!”
Cor is verslae, gefrustreerd en ongeskik.
“Wat verstaan ons nie?”
“Dat ek nodig het om my vrou se dood te vergeld. Of gebruik die ander woord: wraak! Ek het nodig om haar te wreek, voordat ek gesond kan word. En nie net haar nie, maar ek is seker dat daar baie ander is wat net soos ek voel. Wat het van my plaas geword? My toekoms? My hoop? Is dit niks werd nie?”
“Cor, natuurlik weet ons almal hier hoe dit voel. Vat vir Janah. Hoe dink jy moet sy voel? Haar jongvroulewe is vir alle praktiese doeleindes verwoes. Hoe dink jy het sy die verkragting en aanranding verwerk? En toe die polisie haar bloot uitgelag en gekoggel het? WP en Giel kan nie na hulle normale lewe terugkeer nie en so ook nie werklik één van ons nie.”
“So, ons gaan maar net agteroor sit en alles gelate aanvaar?”
“Nee, ons gaan nie. Maar om nou blindelings die vreemde in te vaar en te skiet wat voorkom, gaan ook nie werk nie.”
“Wat gaan dan werk?”
“Ek weet nie!” skreeu Beyers Conradie op hom, sy geduld klaar. “Ons het ook alles verloor!”
“Maar nie jou vrou nie! Sonja leef nog!”
“Nee, maar dit maak nie saak hoeveel bloed jy gaan laat vloei nie, geen hoeveelheid daarvan gaan haar terugbring nie! En bloed is nie ‘n geneesmiddel nie. Dit maak nie saak hoeveel mense jy doodmaak nie, dit gaan haar nie weer lewendig maak nie.”
“En hoe weet jy dit?” sis Cor tussen saamgeklemde tande.
*
Meeste mense, indien hulle in gevaar verkeer, sal boontoe vlug. Dis ‘n ingeskape oorlewensdrang om hoogte aan jou kant te kry; hoe hoër, hoe veiliger. Dit is waarom die Jode Masada toe gevlug het, om hoog bokant die bereik van die Romeine te kom. Dit is waarom die Skotse hooglande vir hulle belangrik is en was. Dis mos logies dat dit makliker is om ‘n groot klip van bo af te gooi as om hom bo te probeer kry. Dit is ook waar dat ‘n mens beter perspektief oor ‘n omgewing of saak kan kry as jy hoog bokant dit is.
Dons het nie so gemaak nie. Alhoewel die berg naby hom is en hy baie wegkruipplekke in die berg ken, ry hy eerder see se kant toe. Van hier af in ‘n Oostelike rigting, en daarna feitlik reguit Suid, Pietersburg, Zebediela, Driekop, Burgersfort, Steelpoort, waar die pad duidelik na die Suide toe is en hy in ‘n Suid-Westelike rigting ry. Binne ‘n paar ure is hy verby Stofberg en terug in ‘n Oostelike rigting op ‘n sekondêre pad na Dullstroom toe. Die pad het nie eens ‘n amptelike naam of R-nommer nie; hy ry op plaaspaaie, sommige ongeskraap, vol slote en gevul met sand en klippe. Dis hier, op ‘n hoogtetjie, net voor dagbreek as hy die drie stelle ligte sien aankom.
*
Vuilbaardsvlei het ‘n nuwe normaal bereik. Dis een waar die mense moes aanpas by nuwe roetines, gewoontes, wat slaap, eet en werk insluit, ‘n nuwe omgewing – behalwe vir diegene wat steeds in hulle eie wonings bly – ander mense, vriende en natuurlik vyande.
Vandat dinge “genormaliseer” het, kom die meeste mense agter dat hulle baie minder bekommernisse en stres het, indien daar ‘n verskil is, en solank hulle nie van buite aangeval en verower word nie, is hulle lewens baie eenvoudiger as vantevore. Die boere is nie bang vir droogte, peste, hael of ander onvoorsiene gebeure nie. Dit kom voor asof daar genoeg kos is tot “anderkant”, soos oor die algemeen gepraat word van die tyd wanneer hulle na die “ou normaal” kan terugkeer. Natuurlik is daar nie meer luukse suikerlekkernye soos sjokolade en ander lekkers nie, maar daar is meer heilsame kos soos groente, vleis, en graan. Veganisme is nou ook ‘n luukse en almal eet wat hulle voorgesit word.
Die dokters (die aptekerman en sy vakleerling, Liza) kom agter dat die meeste mense se bloeddruk laer is, vetsug besig is om af te neem en oor die algemeen word daar beter geslaap.
Dominee Kruger is dankbaar dat die kerk op Sondae weer vol is en al is daar nie fondse om by te dra nie, gee mense hulle tyd en hou die kerkgebou in stand.
Uiteraard is daar geen bankdienste meer beskikbaar nie en niemand weet hoe hulle finansiële stand later gaan uitsien nie, maar min mense gee om. Niemand se status word meer bepaal deur besittings nie, maar elkeen se waarde word gemeet aan wat hulle bekwaam is om te doen, wat by kan dra tot die heilsaamheid van die ander mense. Nie die minste hiervan nie, is die vermoë om in skoksituasies helder en nugter te dink, om waaksaam te wees en natuurlik om ‘n vuurwapen behoorlik te kan gebruik.
Anderkant die dorpsgrense se niemandsland, gaan dit nie so goed nie. Waar die ander agtergeblewendes vir baie dekades staat gemaak het op blanke kundigheid, versiendheid, innoverrende en vernuwende denke, bekwaamheid en werksetiek, het hierdie faksie bloot geskok gaan sit en wag vir hulp.
Die water, wat vir baie jare verwaarloos en besoedel is, die natuurlike hulpbronne, het baie mense siek gemaak en heelwat van hulle het gesterf. Kos het baie skaars geraak en alhoewel baie van die mense ver begin reis het, meestal te voet, kom gebreksiektes veral by kinders voor.
Desperaatheid gaan outomaties oor in afguns, geweld en bendevorming. Met geen manier om wet en orde te herstel of af te dwing nie. En kom die ongeduriges in beheer. Niemand is meer sy lewe seker nie en weet nie eens waar hulle volgende maaltyd vandaan kom nie. Roofbendes, wat van een nedersetting na die ander beweeg, leegsuig, moor en martel, is aan die orde van die dag.
Dis nie vreemd dat van hierdie mense tot naby Vuilbaardsvlei en ander dorpies beweeg en begerige oë kyk na waar daar miskien kos en water kan wees nie.