Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 1900: Wanhoop pak die Boereleiers. Die geslaagde noordwaartse opmars van die Britse magte in die Tweede Vryheidsoorlog van Bloemfontein na Transvaal het wanhoop en vertwyfeling by sowel regeringslede as offisiere en baie burgers laat ontstaan, selfs by pres Kruger en genl Louis Botha. Daarteenoor het pres MT Steyn en genl CR de Wet van die Vrystaat en genl Koos de la Rey en staatsekretaris Reitz van Transvaal onwrikbaar in die Vryheidstryd gebly. Op 25 Mei het 'n twyfelmoedige genl Botha by pres Kruger op die byeenroeping van die twee Transvaalse Volksrade aangedring.
Ses dae later, op 31 Mei, toe die Britse magte Johannesburg binnegaan, het die wanhoop die Transvaalse leiers opnuut beetgepak. Kruger het voortdurend met Steyn in verbinding gebly en hom meegedeel dat die Transvaalse offisiere voorwaardelik vrede wil sluit. Steyn het egter op die voortsetting van die stryd aangedring. Dat die oorlog eers op 31 Mei 1902 en nie op 31 Mei 1900 beƫindig is nie, was direk aan Steyn te danke.
2. Die Verdrag van Potchefstroom tussen die Zuid-Afrikaansche Republiek, en die Republiek van die Oranje Vrystaat, word in 1889 bekragtig.