KULTUUR- DAGBOEK 20 MEI

1900: SLAG BY SCHEEPERSNEK

Lees volledig by Kultuurdagboek

In hul opmars deur Natal, nadat Ladysmith op 1 Maart 1900 ontset is, sou die meeste Boere na Transvaal terugval maar 'n aantal burgers onder bevel van genl Chris Botha sou na die ooste uitwyk en Buller se magte in die flank lastig val. Lol EC Bethyne se magte is toe gelas om die Boer in die Omgewing van Nqutu, wes van Vryheid, te verdryf.

Toe hy hulle nie daar aantref nie is verneem dat hulle hul aan die Bloedrivier, suid van Vryheid, bevind. 'n Eskadron van Bethune se ruitery onder kapt Goff het taamlik ver vooruitgery, maar is by Scheepersnek, 'n moeilike deurgang 19 km suidwes van Vryheid, op 20 Mei 1900 in 'n hinderlaag gelei. Goff en sowat 30 soldate is gedood, 30 gewond en ses Tommies gevange geneem. Die geveg was oor voor dat die hoofmag opgedaag het maar dit het Bethune in ieder geval gedwing om na Nqautu vir voorrade terug te val voordat verder opgetree kon word.