KULTUUR- DAGBOEK 12 MEI

Lees volledig by Kultuurdagboek

1652: Die eerste Nagmaalsviering in die Kaapstadse gemeente vind plaas. Jan van Riebeeck se dagregister vertel hieroor:  "...is alhier in't noch onvolmaeckte fortjen staende, door Dominé Backerius, predikant per den Walvis hier gecomen, d'eerste predicatie gedaen, ende het avondmael des Heren gecelebreert." Hierdie geleentheid wys reeds daarop dat die Nagmaal vir die wordende volk altyd van groot belang sou wees. Die Afrikaner het altyd alles in sy vermoë gedoen om geen Nagmaalsviering mis te loop nie. Dit was, benewens 'n kerklike viering, ook 'n belangrike sosiale geleentheid, veral later in die afgesonderde binneland. Jan van Riebeeck versuim ook nie om die eerste geleentheid waar 'n predikant die jong gemeente besoek, te benut vir die bediening van die Nagmaal nie. Reeds hiervandaan spruit die strenge godsdienssin van die Afrikaner wat later in die binneland vir hom as rigsnoer sou dien.

1915: Die nasionale pers word as maatskappy geregistreer. Lees hieroor in hoofartikel.