NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ek het my Hande die hele dag uitgebrei  na 'n opstandige volk wat wandel op 'n weg wat nie goed is nie, agter hulle eie gedagtes aan, 'n volk wat My gedurigdeur in die aangesig terg, wat offer in tuine en rook laat opgaan op bakstene... Jesaja 65:2-3

KOU JY GRUISKLIP?

Maak kopskoon saam met Klaagliedere en kry weer hoop.

J de Koning

Daar kom tye ook in die lewe van ’n gelowige dat dit werklik ellendig gaan…Alles loop skeef, alle hoop vervaag... die ergste is dat ek beleef dat die Here se hand teen my is. Hierdie skrywer was in so ’n posisie: “Ek is die man wat ellende belewe het. Die Here het my met sy toorn geslaan”. (Klaagliedere 3:1) Hy het lyding in die uiterste vorm ervaar. Hierdie swaarkry was so erg dat dit geblyk het dat bid nie eers meer help nie! “Al roep ek en al smeek ek om hulp, Hy weier om my gebed te verhoor.” (3:8) Daar was net geen uitkomkans nie. Het jy al só vasgekeer gevoel in ellende met geen uitsig op verlossing nie? “Hy het my pad met klip toegebou, vir my geen uitkomplek gelaat nie.” (3:9) Dit voel vir jou of jy klippe kou en jou tande besig is om een vir een te breek. Kyk net hoe treffend beskryf die digter dit : “Hy het my gruisklip laat kou” (3:16) Vriend, ek weet nie watter ellende of teistering jy tans beleef nie, maar hier het ons iemand met wie dit rowwer as rof gegaan het, so ons kan gerus luister wat hy te sê het.

Een ding kan jy ten minste sommer hier reg aan die begin weet, jy is nie die eerste of enigste wat deur bitter beproewing benou word nie.

Nou as mens in ellende verkeer, as mens benoud is, dan kom daar allerhande gedagtes of herinneringe by jou op. Die terugdink aan foute, sonde, verlore kanse, dinge wat nooit weer reggemaak of gewens kan word nie.... Slegte herinneringe is soos ’n ruwe houtknuppel vol splinters wat jou gewonde gewete verder stukkend slaan en laat bloei. Grimmige gedagtes oor my gruwels van gister is soos swaar gewigte wat my aftrek in die donker diepsee van uiterste wanhoop. Hoe meer ek dink, hoe meer ondraaglik raak my situasie. “Ek het gedink dit is klaar met my en met my hoop op die Here. Die gedagte aan my ellende en my vreemdelingskap is gal en gif vir my; as ek daaroor nadink, draai my gedagtes vas.”(Vers 18-20) Klink dit bekend?

DIE DRAAIPUNT
Gelukkig het die digter nie op hierdie punt ophou dink nie. Hy het verder gedink en dit het ’n wending, ’n verandering gebring. VERS 21! Hier kom ‘n heerlike draaipunt! “Maar dit sal ek ter harte neem en om dié rede bly ek hoop:” (vergelyk ASV “This I recall to my mind; therefore have I hope.”) Nadenke en herinnering kan ’n stok wees waarmee die reus Wanhoop mens stukkend slaan, maar die bepeinsing van Bybelse beloftes en waarhede is juis ’n vuurhoutjie waarmee ek weer die lamp van hoop aan die brand kan steek. ’n Lig wat al die duisternis van wanhoop en moedeloosheid kan verdryf.

Watter gedagtes, eerder watter selfherinnering aan Goddelike waarhede het die vlam van hoop weer vir hierdie man in sy ellende aangesteek? (Waaraan moet ons onsself herinner om weer hoop te kry?) Kom kyk saam in Klaagliedere:

1. Sien raak dat jy deur God se genade nog nie vergaan het nie. “deur die liefde van die Here het ons nie vergaan nie;” (22) Hoe erg jou situasie nie, jy is nie op hierdie oomblik in die hel nie. Dis net mense in die hel wat geen hoop ooit kan hê nie! Kom ons gestel jy is in ’n diep onderaardse kerker opgesluit en die sleutel is weggegooi... Dis klam, donker eensaam, groen mos groei al op jou lyf. Dis inderdaad erg, maar dis ‘n toestand nog oneindig beter as iemand wat hom vandag in die ewige verdoemenis bevind… Vir jou wat hier lees is daar hoop. Vir jou staan die deur nog oop, want God se Woord kom na jou en jy kan dit hoor, glo en lewe…

2. Maak oop jou oë vir God se getrouheid in jou lewe ten spyte van jou baie moeilike omstandighede, wankelende geloof of ergere depressie*. “Tel jou seëninge” bly na al die jare steeds goeie raad vir elkeen van ons. (as jy sukkel, vat ‘n stuk papier en skryf dit neer, jy kan dalk verbaas wees hoe lank die lys raak) God het nie verander nie, Sy getrouheid is ‘n gegewe. “God bly getrou, by Hom is daar onbeperkte ontferming daar is geen einde aan sy ontferming nie, dit is elke môre nuut. U trou is groot.” (22/23) Miskien het jy baie geld verloor....maar jy het darem nog geëet vanoggend - dank God vir daardie ontferming. Dalk verkeer jy in ’n ernstige gesondheidskrisis... jy kan darem hier lees of jy kan nog God se Woord hoor - dank God vir hierdie ontferming. Miskien beleef jy ‘n familiekrisis...jy het darem nog ’n familie - dank God vir hulle, (ook die wat jou kwaadmaak, ja!) Moontlik bevind jy jouself in ‘n put van verworpenheid of vasgevang in ‘n net van skuldgevoelens. Sien raak, dat Hy Sy genadewoord nou na jou toe stuur en dank hom reeds daarvoor! Onthou ons verdien niks goeds nie, trouens ons almal verdien die hel en tog is God so goed.

3. Besef : God is nog steeds my God! “Ek sê vir myself: Die Here is my lewe, daarom hoop ek op Hom." (24) Miskien het jy wel alles op aarde verloor...dalk sonder enige familie, sonder enige besittings, sonder enige vooruitsigte vir beterskap of beter omstandighede, maar kind van God jy het nie jou Here verloor nie. Hy is mos meer as alles en almal. My familie kan almal teen my draai, maar as die almagtige God my persoonlike Vader is, bied dit nie vir my troos nie? Ek kan al my besittings verloor, maar as ek weet daar wag ’n erfenis in die hemel vir my wag, sal dit nie die verlies baie versag nie? Het jy al besef dat God alles is? Die skrywer van Psalm 73 is ook diep getref deur ellende, hy was ook onsteld dat dit so goed gaan met die goddelose en met hom wat regverdige is gaan dit sleg. Maar dan maak hy ’n heerlike ontdekking in vers 25 : “Wie het ek buiten U in die hemel? Buiten U begeer ek ook niks op die aarde nie.” (OAV) “Daar is niks in die hemel of op die aarde wat vir my meer beteken as U nie.” (NAV) Het jy al dit besef? Ja, jy het dalk in verterende twyfel geval, daar is baie vrae wat jou siel vaswoel, maar diep onder al die as van selfverwyte of skeptisisme, leef daar nog ‘n kooltjie van verlange na God. Anders sou jy nie nou hier gelees het nie. Diep binnekant weet jy God is jou enigste hoop!

4. Daar bestaan nog steeds iets soos gebed en God se Woord. "Die Here is goed vir die vir wie op Hom bly hoop, vir die mens wat na sy wil vra: dit is goed om geduldig te wag op die hulp van die Here" (25,26) Hierdie man in ellende herinner homself aan ’n vaste uitkoms. Gebed en vertroue op God. Ja, ten spyte van sy negatiewe belewenis oor gebed (vers 8) dring die besef maar weer tot hom deur: Daar is nog steeds iets so gebed, daar is nog steeds God se beloftes! Wanneer alle mense en middele my teleurgestel het, kan ek in my angs en nood nog steeds na my Vader roep. Herinner Hom aan sy beloftes! Ja, daar kom tye dat dit voel of ons gebede nie help nie, asof God sy ore sluit. Dan moet ons weer sy beloftes oor gebed opnuut glo.” Roep my aan in die dag van benoudheid....., bid en vir julle sal gegee word…” Die troon van God is ’n genade troon en deur gebed in Jesus se naam kry ons toegang tot daardie troon. Miskien voel dit vir jou asof jy vasgekeer is deur omstandighede, asof daar ’n blokkade rondom jou opgerig is wat alle hulp verhoed. Weet : As Jesus jou hoëpriester is kan jy bid, met vrymoedigheid... Hebreërs 4:12-16  En wag geduldig vir die regte tyd waarop Hy jou gaan help!

5. Dink daaroor en besef dat God ‘n plan met jou lewe het. Ook hierdie ellende wat ek nou beleef is nie maar net ‘n wrede toevalligheid nie. Dis God wat dit oor my pad laat kom het…Daar is sin en rede in alles, al is dit vir my menslike logika ontoeganklik. “dit is goed vir ‘n mens om sy las in sy jeug te dra. Laat hy in sy eensaamheid geduldig bly as God hom die las opgelê het, laat hy hom diep verootmoedig—miskien is daar hoop— laat hy sy wang draai vir wie hom slaan, laat hy maar oorvloedig smaad ondervind.”(27-30) Laat ons ons onderwerp aan God se tugtiging. Hy het ‘n heerlike doel daarmee. Hebreërs 12:10,11 sê dat God se doel daarmee is om ons in sy heiligheid te laat deel. Hierdie swaarkry (en dis uiters pynlik en voel beslis soos iets om oor te huil) is dus deel van God se goedheid oor jou! Regtig? Ja! Psalm 119:71 maak hierdie onbegryplik heerlike stelling : “Dit is vir my goed dat ek swaargekry het, want daardeur het ek U voorskrifte geleer. En kyk wat sê vers 75 “Ek weet, Here, dat u bepalings regverdig is. Dat U my laat swaarkry, is ‘n teken van u trou.” Spurgeon* sê dit so mooi :”Baie van God se beloftes is in onsigbare ink geskryf, wat jy nie kan lees voordat die vuur van beproewing nie die letters sigbaar maak nie. (Soos daardie geheime briefies wat mens met uiesap skryf)

6. Hierdie swaarkry, hoe erg ook al is net tydelik. Kind van God, jou siekte, hartseer, depressie…gaan nie vir ewig duur nie. As jy in die diepste ellende verkeer, onthou hierdie tyd van ellende gaan nie vir altyd aanhou nie, daar is uitkoms! “Die Here verstoot ‘n mens nie vir altyd nie; as Hy beproewing oor ‘n mens gebring het, ontferm Hy Hom weer, want sy liefde is groot: dit is teen sy sin dat Hy mense in ellende en beproewing bring.”(31-33)

As God ellende oor ons lewe toelaat is dit eintlik teësinnig. Soos ‘n pa wat sy kinders met ‘n seer hart pak gee en self elke hou voel. God is nie ‘n sadis nie. Sy werklike begeerte vir ons is vreugde. Nou reeds in hierdie stukkende wêreld, maar in die volmaakte sin eendag. Hierdie volmaakte vreugde gaan finaal aanbreek by die wederkoms en vir altyd aanhou. Ons ellende hoe erg ook al, is kort. In vergelyking met die ewigheid sommer baie kort en onbenullig. Ja, selfs iemand wat ’n sieke moet oppas, wat swaarkry onder ‘n wrede man, wat spot moet verduur van goddelose kinders, wat dag vir dag met pyn moet leef… kan dit weet... dis kort, laat ek moed skep, dis kort!

Die swaarkry wat jy nou ervaar beteken nie dat God se liefde vir jou opgehou het nie.

Die  bittere swaar waardeur Jesus aan die kruis moes gaan, het nie die einde van sy Vader se liefde vir Hom beteken nie. Die lyding, ellende en verwerping waaronder God se kinders gebuk gaan, mag ons nooit die afleiding laat maak dat Hy nie meer vir ons lief is nie. Glo dit, die Woord sê so, ja die duiwel sê anders, maar luister eerder na die Woord as na die Satan!

UITERSTE ELLENDE; STEEDS HOOP!

Miskien is jou ellende so groot, jy sê : “Ek weet nie of hierdie mooi beloftes op my van toepassing is nie, want ek weet nie meer of ek hoegenaamd ’n kind van God is nie. Ek weet en glo hierdie beloftes geld vir God se kinders, maar ek weet nie meer of ek onder sy kinders tel nie.”

As jy so sê wil ek jou verseker daar is nog steeds hoop. Daar is ’n vaste waarheid in God se Woord wat ook vir jou kan hoop bring. 1 Timoteus 1:15 lees : “Dit is ‘n betroubare woord en kan sonder voorbehoud aanvaar word: Christus Jesus het in die wêreld gekom om sondaars te verlos. Van hulle is ek die grootste.” As jy nie op hierdie oomblik na die Here Jesus kan kom as ’n kind van God nie, kom as ’n sondaar. Hy bring hoop vir sondaars, hoor dit : “sondaars”! Regte werklike, aaklige sondaars is welkom by Jesus!

“if you cannot come as a saint come as a sinner”

Spurgeon** vertel die volgende verhaal : ‘n Koning het ‘n maaltyd aangebied vir al bedelaars van ‘n stad. Daar was egter in die stad ook ‘n edelman wat sy geliefde koning graag wou sien, maar weens die koning se program was ‘n afspraak nie moontlik nie. Die edelman maak toe ‘n blink plan. Hy kry ou klere in die hande en gaan in sy vodde saam met die bedelaars na die maaltyd, solank hy maar net die koning kon sien! Kom na Jesus, werp jou in sy arms kom op die manier waarop duisende sondaars, moordenaars, prostitute, twyfelaars, moedverloorders… al gekom het... Hy wys niemand weg nie…

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 757 gaste aanlyn