KULTUUR- DAGBOEK 24 MAART

Lees volledig by Kultuurdagboek

1. 2010: Dr Hermien Dommisse, Suid-Afrikaanse baanbreker-aktrise wat in die Hanekom- en Huguenet-teatergeselskappe getoer het, is op hierdie dag oorlede. Sy het haar doktoraat in Drama aan die Universiteit van Pretoria verwerf.

2. 1855: Olive Emilie Albertina Schreiner is by die sendingstasie Wittebergen, Herschel, gebore. Hier mooi en briljante vrou en beroemde skryfster het in haar beste politieke pamflet, An English South African's view of the situation, aan die vooraand van die Tweede Vryheidsoorlog elke Britse soldaat gewaarsku: "Hier wag geen louere vir jou nie," en aan Brittanje laat weet dat "die uur van uiterlike welslae die uur van onherroeplike mislukking kan wees." Sy is op 11 Desember 1920 in Wynberg in die Kaap oorlede.