KULTUURDAGBOEK 19 MAART
Lees volledig by Kultuurdagboek
"Dit is asof die Here ons patriotisme noudat ons uitgeroei is, beproef om te sien hoe sterk ons nasionaliteit is. Weet dit: as God u as Afrikaners in die wêreld gebring het, verwag hy ook dat u as Afrikaner sal sterf." Só het genl Beyers, volgens 'n berig op hierdie dag in De Volkstem in Pretoria gesê. Dit was kenmerkend van verskeie uitsprake deur politieke en kerklike leiers in die donker jare net na die Tweede Vryheidsoorlog oor die Afrikaner se wil om voort te leef.
Ds HS Bosman sê in sy groeteboodskap van die Transvaalse Kerk aan die Kaapse Sinode: "Ons Kerk is onder maar niet dood... ons volk is onder maar niet dood."
Ds HC de Wet: "Wij blijven Afrikaners!"
En genl CR de Wet, die vasberade bittereinder, het met pres Kruger se begrafnis op 16 Desember 1904 gesê: "Onze plicht is het te strijden voor de toekomst".
Dit is deur manne soos hierdie dat ons vandag hier is maar sal ons nou en die komende tye ook hierdie wil om te leef openbaar of het ons reeds gekapituleer onder die kommunistiese swart regime?
Luit. kol Hermanus Christiaan (Manie) Bredell, sekretaris en hoof-adjunkkommandant van die Suid-Afrikaanse Polisie, is op hierdie dag in 1953 oorlede. Hy was die lyfwag en later ook privaatsekretaris van pres Paul Kruger ten tye van dié se verblyf in Europa.
Oliver John (Jack) Hindon (dinamiet van die Verkenners), Skotse soldaat, lid van die Zuid-Afrikaansche Polisiediens, krygsman vir die Boere tydens die Tweede Vryheidsoorlog, lid van die Danie Theron Verkennerskorps, en ook hoof van sy eie veg-en verkennerskorps, is in 1919 in Pretoria oorlede. Hy was getroud met die Afrikaanse Martha Coetzee. Sy nagedagtenis word in 1970 vereer met die instelling van die Jack Hindon-medalje aan manskappe en kommando's van die Suid-Afrikaanse Weermag vir buitegewoon ywerige en voortreflike diens.