KULTUUR- DAGBOEK 17 MAART

Lees volledig by Kultuurdagboek

1. 1863: Dr Frans Vredenrijk Engelenburg, advokaat, kultuurleier, dryfkrag agter De Volkstem (1890-1938), korrespondent van die Nieuwe Rotterdamsche Courant tydens die Tweede Vryheidsloorlog, adviseur van pres Kruger en stigterslid van die Zuid-Afrikaansche Akademie voor Taal, Letteren en Kunst, is in Armhem, Nederland, gebore. Sy huis teen Meintjeskop in Pretoria waar die kantore van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns gehuisves word is vandag 'n museum. Maria Margaretha Koopmans-De Wet, kultuurleier en republikeinse ondersteuner in die Kaapkolonie, was sy tante aan moederskant.

2. 1820: Die eerste Britse Setlaars kom met die skepe Nautilus en Chapman in Tafelbaai aan.

3. 1890: Die eerste spoorlyn in die ZAR word geopen. Dit verbind Johannesburg met Boksburg.

4. 1951: Die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys verkry volwaardige universiteitstatus – lees daaroor by PUKKE VERKRY STATUS