KULTUUR- DAGBOEK 16 MAART

Lees volledig by Kultuurdagboek

1. 'n Kwart van die blanke bevolking aan die Kaap sterf gedurende hierdie tyd in 1713 aan 'n pokke-epidemie.

2. Hans Merensky, geoloog, ingenieur en ontdekker van tin, platinum en diamente in Suid-Afrika, is in 1871 op Botshalbelo in Transvaal gebore.

3. Andries Pretorius en Hendrik Potgieter reik mekaar in 1852 die hand van versoening – lees hieroor in 16 MAART 1852: VERSOENING

4. William Angus Hofmeyr, sakeman, politikus en Afrikanerkultuurleier, onder wie se leiding Nasionale Pers tot stand gekom het, is in 1869 in Montagu in die Kaap gebore.

5. Dr Albertina (Alba) Magdalena Bouwer, onderwyseres, radio-omroepster by die SAUK, joernalis en asst-redakteur van Sarie en Huishouding, vertaler en bekroonde Afrikaanse skrywer van veral kinderboeke, is in 1920 op 'n plaas in die Vredefort-distrik in die Vrystaat gebore. Sy ontvang 'n eredoktorsgraad van die Universiteit van Port Elizabeth en was erelid van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns.