KULTUURDAGBOEK 10 MAART

Lees volledig by Kultuurdagboek

Die Slag by Driefontein: die Boere onder bevel van genls De Wet en De la Rey bied sterk weerstand teen 'n Britse oormag by Abrahamskraal en Driefontein in die Vrystaat, maar moet ten einde ooswaarts vlug.

Kaapse goewerneur sir Henry B Loch open in 1892 die spoorlyn tussen die Kaapkolonie en die Republiek van die Oranje Vrystaat.

Koopmans De Wet-huis in Strandstraat 23, Kaapstad, voorheen die tuiste van die nasionalis en republikeinse ondersteuner, Maria Margaretha Koopmans-De Wet (1834 – 1906) word in 1914 geopen as museum. Die huis was in haar tyd die bergplek van voorrade bestem vir die Boerekrygsgevangenes en Tweede Vryheidsoorlog se konsentrasiekampe.