Voortrekkerpers BPK word in 1936 ingelyf. Direksielede is oa dr DF Malan, JG Strydom, WA Hofmeyr en mev MM Jansen. Dit sou later met die Afrikaanse Pers saamsmelt waaruit Perskor tot stand kom.
Die Unie-Bouvereniging wat in 1942 gestig is om in Afrikaners se woningsnood te voorsien, se naam word verander na Saambou (Permanente) Bouvereniging in 1943. Dit sou groei tot 'n organisasie met totale bates van meer as R100 milj. voor 1970.
Die Orange River Colony Volunteers, wat bestaan uit Boere-hensoppers en joiners, word in 1902 tydens die Tweede Vryheidsoorlog onder bevel van die voormalige Boeregeneraal en broer van genl Christiaan de Wet, Pieter Daniƫl (Piet) de Wet, gevorm.