KULTUURDAGBOEK 28 FEBRUARIE

Stephanus Johannes Roos, veldkornet tydens die Slag by Majoeba, sneuwel in 1883 op patrollie in die distrik Middelburg in Transvaal ten tye van die Mapogoorlog.

Die Reddingsdaadbond (RDB) ontvind in 1957 want hul oogmerk "om die Afrikaner in eie belang te mobiliseer", is ná 18 jaar onsuksesvol.

Elizabeth Verwoerd (Betsie Schoombie) eggenote van die laaste Eerste Minister van die Unie van Suid-Afrika, dr HF Verwoerd (1958 – 1966), is op 29 Februarie 2000 in die ouderdom van 99 jaar oorlede. Sy woon die laaste jare van haar lewe in Orania in die Noord-Kaap, wat onder leiding van haar skoonseun, Carel Boshoff, gestig is.

Sytze Wopkes Wierda, argitek van oa die Ou Raadsaal op Kerkplein in Pretoria, is op hierdie dag in 1839 in Nederland gebore.