Die Republiek van die Oranje-Vrystaat kom op hierdie dag in 1854 tot stand met die ondertekening van die Bloemfonteinse Konvensie deur sir George Russel Clerk van Brittanje en die Boere.
Die Vrystaatse Vierkleur, amptelike vlag van die Republiek van die Oranje Vrystaat, en die Vrystaatse Staatswapen word in 1857 amptelik in gebruik geneem.
Die Vrystaatse Volkslied word in 1866 vir die eerste keer in Bloemfontein gesing en die volgende dag tot amptelike volkslied van die Republiek van die Oranje Vrystaat verklaar.