Die grasdakkerk waaraan Kerkplein in Pretoria sy naam ontleen, word in 1857 ingewy.
Dolf (Rudolf Johannes) van Niekerk, direkteur by die Departement Landbou, Afrikaanse skrywer, digter en dramaturg, is in 1929 op Edenburg in die Vrystaat gebore. Hy ontvang oa die Eugรจne Marais-prys vir Skepsels in 1964, en die MER-prys vir Jeugliteratuur vir Die Haasvanger in 1986.
T O Honiball (Thomas Ochse), Suid-Afrikaanse spotprenttekenaar en skepper van oa Oom Kaspaas (1939), Jakkals en Wolf (1842) en Adoons-hulle (1948, is in 1990 op Montagu in die Wes-Kaap oorlede. Hy was toe getroud met Essie, wat bekend is vir haar boek, Ek leef van vrugte, oor haar vrugte-dieet wat sy vir meer as 20 jaar gevolg het en daartydens genees is van 'n ernstige siektetoestand.
Hester Mathilda Hanekom, aktrise van die teater, televisie en advertensiebedryf, is in 2002 in die ouderdom van 80 jaar oorlede. Die akteurspaar Hendrik en Mathilda Hanekom was haar ouers. Sy was getroud met die akteur Egbert van der Hoven.