Beheer oor die Kaap word in 1803 aan die Bataafse Republiek teruggegee by monde van 'n verklaring deur die Britse lord Dundas.
Totius – prof Jacob Daniël du Toit - Kaapse rebel, kommandolid tydens die Tweede Vryheidsoorlog, gereformeerde predikant, teoloog, Afrikaanse digter, mede-eindvertaler van die Bybel in Afrikaans in 1933, en psalmberymer, is in 1877 in die Paarl (Wes-Kaap) gebore. Sy moeder is voor sy sesde verjaardag oorlede en hy was die jongste van haar en ds SJ du Toit se seuns. Sy vader was medestigter van die GRA en redakteur van Die Patriot. Totius was getroud met Marie, jongste dogter van ds Dirk Postma, stigter van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika.
Dr Nico Diederichs, die man wat volgens gerugte glo op sy sterfbed 'n bekentenis gemaak het dat hy betrokke was by die moorde op Robbert Smit en dié se vrou, word in 1975 tot staatspresident van Suid-Afrika verkies. Hy volg pres Jim Fouché op.