KULTUURDAGBOEK 19 FEBRUARIE

Die Grondwet van die Zuid-Afrikaansche Republiek word in 1858 deur die Volksraad op Rustenburg in Transvaal afgekondig. Dit bepaal onder meer dat "die volk geen gelykheid van gekleurdes met die blanke inwoners op staats- of kerkgebied sal toelaat nie."

Klaas Waarzegger (Louis Hendri Meurant) drukker, joernalis, uitgewer, magistraat, kommandant en Kaapse parlementslid, is op hierdie dag in 1811 in die Kaap gebore waar hy deur 'n Afrikaanse gesin grootgemaak word – hyself is van Switsers-Britse afkoms. Hy was ook die skrywer van die eerste boek in Afrikaans, Zamenspraak tusschen Klaas Waarzegger en Jan Twyfelaar (April 1861), wat aanvanklik in The Cradock News verskyn het.