KULTUURDAGBOEK 16 FEBRUARIE

Dr Arnoldus Pannevis, Afrikaanse en Nederlandse digter en onder wie se leiding die Eerste Afrikaanse Taalbeweging en die Genootschap van Regte Afrikaanders (GRA) tot stand gekom het, is in 1838 in Onderkerk in Nerderland gebore. Hy was ook 'n skeepsdokter, Paarlse onderwyser, en Calvinistiese voorstander van die Bybel in Afrikaans. Buiten Hollands en Afrikaans, was hy ook Grieks, Latyn, Duits en Frans magtig.

Dr Elizabeth Francoise Eybers, Afrikaanse digter van die Dertigers, is in 1915 op Klerksdorp in die Wes-Transvaal gebore. Sy is die eerste vrou om die Hertzogprys vir Poësie (1943 vir Belydenis in die Skemering, en Die stil Avontuur) met die Nederlandse P.C. Hooft-prys bekroon te word. Sy ontvang weer die Hertzogprys in 1971 vir Onderdak: gedigte, en onder talle eerbetone is eredoktorsgrade van vier universiteite aan haar toegeken. Uit haar huwelik met Albert is vier kinders gebore.