Die Slag by Skuinshoogte (Ingogo): diƩ veldslag vind in 1881 tydens die Eerste Vryheidsoorlog plaas. Die Boere onder bevel van genl Nicholaas Smit, behaal 'n oortuigende oorwinning oor die Britse magte onder genl George Colley.
Die Smuts-koalisie bestaande uit die Suid-Afrikaanse Party (SAP) en die Unioniste, wen die algemene verkiesing in 1921.
Frans Hendrik (Fox) Odendaal, Administrateur van Transvaal wat veel gedoen het tot die uitbouing van die Transvaalse Raad vir die Uitvoerende Kunste (TRUK), is in 1966 oorlede.