Generaal Christiaan Rudolph de Wet sterf op hierdie dag om 14:00 in 1922. Hy was 'n uitstekende militêre strateeg, outeur van die boek De Strijd tusschen Boer en Brit, leier van die 1914 Rebellie, boer en medestigter van die Nasionale Party. Hy is aan die voet van die Vrouemonument ter ruste gelê by die grafte van die ander twee van die Vrystaatse Driemanskap – ds JD Kestell, die godsman, en pres MT Steyn, die staatsman.
Die Transoranje (die gebied tussen die oranje, en Vaalrivier) word in 1848 deur die Kaapse goewerneur, sir Harry Smith, as Britse gebied geannekseer.
Herman Charles Bosman. onderwyser en Suid-Afrikaanse kortverhaalskrywer (oa die Oom Schalk Lourens-sketse oor die mense van die Groot Marico-distrik) is in Kuilsrivier in die Wes-Kaap gebore.