Eùgene Ney Terre'Blanche, stigter van die Afrikaner Weerstandsbeweging (AWB) en die Jong Afrikanerharte, lid van die SAP, boer, Afrikaanse digter en kultuurleier, is in 1944 in die distrik Ventersdorp in Transvaal gebore. Die wreedaardige politieke moord op hom sou die lig opnuut laat val op die nagenoeg 4 000 politieke moorde op Afrikaners sedert 1994.
Die Slag by Modderfontein (nek): genl Smuts en sy burgers oorwin hierdie Britse pos op die Krugersdorp-Johannesburgpad onder bevel van kapt Casson in die vroeë oggendure in 1901.
Die president van die Republiek van die Oranje Vrystaat gedurende 1855 – 1859, Jacobus Nicolaas Boshof, is in 1806 gebore. Hy was ook Voortrekkerskriba, voorsitter van die Natalse Volksraad en onder sy leiding is die republiek op die pad na 'n modelstaat geplaas.