Voortrekkerpers word in 1936 gestig.
Die stigting van die Herenigde Nasionale Party onder leiding van dr DF Malan en genl JBM Hertzog word in 1940 aangekondig.
Johanna Brandt (geb Van Warmelo), spioen vir die Boere tydens die Tweede Vryheidsoorlog, stigter van die Vrouwen Nationalen Party, en skryfster, is in 1964 in Kaapstad op die ouderdom van 88 jaar oorlede. Sy, haar ma en suster, Deliana van Warmelo-Cloete, was aldrie lede van 'n Boerespioenasienetwerk tydens die oorlog. Sy was die bekende ds NJ van Warmelo van Heidelberg, Transvaal, se dogter.
Jacobus Johannes (Jamie) Uys, wiskunde-onderwyser, boer, vrederegter, amateur-botanis en regisseur van 24 Suid-Afrikaanse rolprente is in 1996 op 74-jarige leeftyd in die Johannesburg oorlede.