KULTUURDAGBOEK 28 JANUARIE

Die Slag by Laingsnek: ZAR-kommando's onder bevel van Piet Joubert verslaan die Britse invalsmag onder bevel van George Colley in 1881. Dit lui die begin van die Eerste Vryheidsoorlog van 1880-1881 in.

Lede van die Hannoverse Legioen wat as beloning vir hul deelname aan die Krimoorlog grond in die Oos-Kaap van die Britte ontvang het, arriveer in 1857 in die Kaap met die oog op vestiging.

Kapt Jacobus Johannes Naudé, hoof van die ZAR se spioenasiediens, is in 1876 gebore.