Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
En Hy het aan hulle die lande van die heidene gegee, en wat deur volke met moeite verwerf is, het hulle in besit geneem dat hulle sy insettinge kan onderhou en sy wette bewaar. Halleluja! – Ps 104:44-45
DIE GELOFTE VAN PAARDEKRAAL
9 DESEMBER 1880
Dit gaan sleg met Transvaal: mense is verdeeld, die land is amper bankrot en sukkel om sy Swart bure in toom te hou. Sir Theophilus Shepstone het in 1877 met 25 berede polisie in Pretoria aangekom en die meerderheid van die Volksraad oorreed om die Britse beheer te aanvaar. Hy belowe dat hulle spoedig ’n verantwoordelike regering sal kry, maar dit gebeur nie. Die Transvalers het daarna gepoog om hulle verlore vryheid terug te kry. Aanvanklik onderhandel hulle met die Britse owerheid oor hulle vryheid, maar hierdie pogings was sonder sukses. Toe is die ou Volksraad weer in die lewe geroep. In Desember 1880 het die Boere van Transvaal by die Paardekraal bymekaargekom.
Drie maande vantevore het hulle uitnodigings gerig aan die predikante van al die kerke in Transvaal.
’n Vergadering van 4000 gewapende burgers vergader op 8 Desember 1880 by Paardekraal. Die Engelse verklaar hulle as rebelle. Paul Kruger, Piet Joubert en M.W. Pretorius word as driemanskap gekies en neem die leiding. Teen 9 Desember het die getal tot agtienduisend gegroei.
Die kerke het hulle weereens gedistansieer en slegs een predikant het opgedaag—Dominee N.J. van Warmeloo van die Hervormde Kerk, die vader van die welbekende Johanna Brandt. Toe het die Boere van Transvaal gegaan en aan mekaar belowe (soortgelyk aan die Gelofte by Bloedrivier) om tot die dood toe te veg vir die oorwinning van hulle verlore vryheid. Hulle het hierdie belofte aan mekaar afgelê met die Almagtige God as hulle getuie.
Die Paardekraalgelofte lees soos volg:
In de tegenwoordigheid van den Almachtigen God, die kenner aller harten onder bidden opsien om sijn genadige hulp en ontferming, sijn wij Burgers van de Zuid-Afrikaansche Republiek plegtig overeengekomem, gelijk wij dezen overeenkomen om voor ons en onze kinderen een heilige verbond op te rigten, het welk wij met plegtigen eed beyweren. Ruim veertig jare is, het geleden, dat onze vadere die Kaapkolonie ontvlugt zijn, om vrij en onafhanklijk Volk te worden. Deze veertig jaren waren veertig jaren van smart en lijden. Wij hebben Natal, den Oranje-Vrijstaat en de Zuid-Afrikaansche Republike gesticht en driemalen heeft die Engelsche Regering onze vrijheid vertracht en onze vlag, die onze vaderen met hun bloed en tranen gedoopt hebben, maar den neergehaald. Als door een dief in de nacht is onze vrije Republiek weggestolen. Wij kunnen en sij magen dat nie dragen. God wil, dat de eerbied onzer vaderen en de liefde jegens onze kinderen ons voorschrijft, het erfpand der vaderen ongeschonden aan onze kinderen over te leveren. Daarom is het dat wij hier bij elkander de hand geval en Volk en met het oog op God samen te werken, tot den dood toe, voor de herstelling van de vrijheid onzer Republiek. Zoo waarlijk helpe ons God Almachtig. Amen.
En net daar tree hulle op in die verbond. Hulle verootmoedig as volk en nie as lidmate van verskillende kerke nie. Hierdie onderneming word gevolg deur vier onverbloemde wonderwerke (die Slag van Bronkhorstspruit, die Slag van Laingsnek, die Slag van Schuinshoogte en die Slag van Amajuba).
In 1881 rebelleer die Transvalers. Hulle wen die slag van Majuba en verkry opnuut hul onafhanklikheid kragtens die Konvensie van Pretoria wat aan Brittanje nog in ’n mate in beheer van Transvaal se buitelandse beleid laat. Die Pretoriakonvensie maak ook voorsiening vir godsdiensgelykstelling. Voor die einde 1882 het die eerste Hindoetempel in die Transvaal verrys by Marabastad te Pretoria. En stadig maar seker het Hindoetempels en Moslemmoskees verrys waar die Indiërs uit Natal hulle ook al gevestig het. Hulle kon nou die Transvaal sonder belemmering binnestroom omdat hulle as Britse onderdane deur die Pretoriakonvensie beskerm is. Die Boere self het onmiddellik teruggeval in hulle kerkstrukture, die kerke se lafhartige en verraderlike optrede ten spyt. En hierdie volk, wat op 9 Desember 1838 ’n gelofte afgelê het om vir Hom ’n volk te vestig en wat tot daardie onderneming en die verbond wat die Almagtige met hulle gesluit het op 16 Desember 1838, verdeel in twee Boere Republieke en drie verskillende kerke.