Die Onderwyskollege op Wellington in die Kaap open sy deure in 1896.
Genl Ben Viljoen word in 1902 tydens die Tweede Vryheidsoorlog naby Lydenburg in Transvaal in 'n hinderlaag gevange geneem en na St Helena verban. Hy sou nooit terugkeer na Suid-Afrika nie – ná die oorlog gaan woon hy in Nieu-Mexico en word in 1912 dié staat se konsul in Duitsland.