KULTUURDAGBOEK 25 JANUARIE

Premiermyn se bogrondse bestuurder, Fred Wells, word in 1905 gekrediteer met die ontdekking van die grootste diamant ter wêreld tot en met 1985, in hierdie oopgroefmyn van sir Thomas Cullinan te Cullinan naby Pretoria. Die Cullinan-diamant van 3106.75 karaat (621.35g; 11cm x 6cm x 5cm) word op voorstel van die verraderlike genls Smuts en Botha deur die Transvaalse regering aan koning Edward VII van Brittanje geskenk, die ...kruipers! Dit is deur Asscher van Nederland in 9 groot en 96 kleiner diamante geslyp. Die twee grootstes, die Ster van Afrika (530.20 karaat) en die Kleiner Ster van Afrika, is in die Britse Koninklike Septer geset. Wat 'n skande!