KULTUURDAGBOEK 24 JANUARIE

Die Slag by Spioenkop: Kmdte Hendrik Prinsloo en Daniël Opperman onder bevel van genl Botha, verower dié koppie suidwes van Ladysmith in Natal, in 1900 tydens die Tweede Vryheidsoorlog. Dit was 'n beslissende uitslag teen die Britte in 'n man-tot-mangeveg. 'n Monument word deur res CR Swart daar onthul in 1964.

Genls Jan Kemp en Manie Maritz, leiers in die 1914-Rebellie, en hul burgers word in 1915 deur genls Smuts en Botha se regeringstroepe by Upington verslaan.

Dr Petrus Phillipus Benjamin Breytenbach, opvoedkundige, eerste hoofdirekteur van TRUK, erelid van die Nasionale Afrikaanse Letterkunde-Museum en Navorsingsentrum, is in 1904 naby Wepener in die Vrystaat gebore. Hy is met talle toekennings vereer, onder andere 'n ere-doktorsgraad in Regte van die Universiteit van die Witwatersrand. Hy sou sy lewe aan die bevordering van die Suid-Afrikaanse teater wy.