KULTUURDAGBOEK 22 JANUARIE

Die Retiefmanifes, waarin die redes vir die Groot Trek en beginsels van die binnelandse Afrikaner uiteengesit word, word in 1837 in Engels in die Graham's Town Journal gepubliseer. Die oorspronklike dokument is nooit gevind nie.

Jan Ernst Abraham Volschenk, Suid-Afrikaanse natuurskilder, is in 1936 op Riversdal in die Kaap oorlede.

Dr Jan Bouws, Nederlands-Afrikaanse musiekwetenskaplike, skrywer, pedagoog en komponis, is in 1978 in die Tygerberg hospitaal by Stellenbosch oorlede. Hy ontvang in 1972 'n oorkonde van die FAK vir sy rol in die bevordering van Afrikaanse musiek.

Al gril mens om oor die Britse koningshuis te skryf, dit bly jammerlik deel van ons geskiedenis: Koningin Victoria, onder wie die Tweede Vryheidsoorlog teen ons Boerevolk sy aanloop gehad het, is op hierdie datum in 1901 oorlede. Sy word deur Edward VII opgevolg – en nog erger, dit is die koning aan wie Suid-Afrika se yslike Cullinan-diamant as geskenk aangebied is.