Genl Petrus Jacobus (Piet) Joubert, Voortrekker wat die Groot Trek meemaak met die Retief-geselskap, boer, ZAR-Volksraadslid, krygsman, een van die Driemanskap van die ZAR saam met Paul Kruger en MW Pretorius, vise-president en kommandant-generaal (ZAR) en, tydens die Tweede Vryheidsoorlog bevelvoerder by die veldslae by Laingsnek, Skuinshoogte en Majuba, is in 1831 op die plaas Damaskus in die Swartberg naby Prins Albert in die Kaap gebore.
Die Slag van Tabanyama: kapt Henri Slegtkamp stuit met hierdie veldslag in 1900 (die voorganger van die Slag by Spioenkop) die Britse magte en weer 'n moontlike Britse aanval op Boereposisies af.