Op hierdie datum in 1563 verskyn by die voorrede van die eerste uitgawe van die Heidelbergse Kategismus, een van die Drie Formuliere van Eenheid van alle gereformeerde (Bybelgetroue) kerke in Suid-Afrika.
Die Bataafse owerheid aan die Kaap gee formeel aan Brittanje oor in 1806.
Die Hugenote-seminarie vir meisies, Suid-Afrika se eerste instelling van sy soort, is deur dr Andrew Murray op Wellington in die Kaap in 1874 geopen.