Voortrekkers onder bevel van Hendrik Potgieter en Gerrit Maritz val die Matabeles met Moselekatse as leier by Mosega langs die Maricorivier in die Wes-Transvaal in 1837 aan en wen vee terug wat van die Voortrekkers gebuit is.
Die Sandrivier-konvensie waardeur Transvaal se onafhanklikheid van Brittanje formeel deur Brittanje erken word, is op hierdie dag in 1852 deur mnre. Hogge en Owen van Brittanje en Andries Pretorius en ander van die ZAR op ene Venter se plaas, Sandrivier, onderteken.