Adv Charles Robberts Swart word in 1960 verkies as laaste goewerneur-generaal van die Unie van Suid-Afrika. Hy lê die amp neer op 30 April 1961 hangende sy verkiesing as eerste staatspresident van die Republiek van Suid-Afrika op 31 Mei 1961.
Suid-Afrikaanse magte val Duits Suidwes-Afrika by Ramansdrif binne in 1915 tydens die Eerste Wêreldoorlog.
Johannes Francois Elias Celliers, staatsbibliotekaris, staatsamptenaar, Afrikaanse skrywer, digter (o.a. Die Vlakte), dramaturg, kommandolid en medestigter van Die Brandwag, is in 1865 in die Wagenmakersvallei in die Kaap gebore. Van hom sou Preller sê dat hy "een is wat in woorde vaslê wat in die hart van die nasie omgaan."