'n Ligte aardbewing aan die Kaap de Goede Hoop vind in 1696 plaas.
Francis William Reitz, eerste hoofregter van die Republiek van die Oranje-Vrijstaat, word in 1889 tot vyfde staatspresident van hierdie republiek verkies. Hy dien in die amp tot 1895. Hy sou daarna voortgaan om regter en staatsekretaris (1889 – 1902) van die ZAR te word en president (1910 – 1920) van die eerste Senaat van die Unie van Suid-Afrika.