Prof Dirk Postma, stigter van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika, leraar, vader van ds Willem Postma (dr O'Kullis) en skoonvader van prof JD du Toit (Totius), is in 1818 in Dokkum (Friesland) gebore.
Dr Theophilus Ebenhaezer (Eben) Dönges, koerantman, advokaat, politikus en NP-minister (1948-1967), reeds verkose staatspresident van die RSA, is in 1968 op 69-jarige ouderdom aan 'n beroerte oorlede voordat hy die presidentskap kon aanvaar. Hy word met volle eerbetoon te ruste gelê en sy profielafdruk verskyn op die volgende jaar se munte soos die gebruik met staatspresidente.