Generaals de Wet, De La Rey en Botha doen in 1903 verslag oor die Europese reis om geld vir 'n noodlenigingsfonds ten behoewe van die misdeelde Boere nĂ¡ die Tweede Vryheidsoorlog in te samel, waarvan hulle pas teruggekeer het. Genl De Wet het sy eie gesin in 'n tent op hul onbewerkte plaas agtergelaat om op die reis te gaan.
Die eerste Hollands-Afrikaanse weekblad aan die Kaap, De Verzamelaar onder redaksie van J Suaso de Lima, se eerste uitgawe verskyn in 1814.