Die Transvaalse Vierkleur, amptelike vlag van die ZAR, word in 1857 vir die eerste keer op Potchefstroom in Transvaal gehys.
Vasco da Gama, Portugese seevaarder, en sy bemanning sit by die monding van die Limpoporivier voet aan wal in 1498, waar hulle vir die eerste maal in hul lewe swart mense sien.
Marthinus Wessel Pretorius, seun van die Voortrekkerleier, Andries Pretorius, word in 1957 in die hoofsetel, Potchefstroom in Transvaal, beëdig as die eerste staatspresident van die Zuid-Afrikaansche Republiek.
Die Slag by Platrand: die veldslag vind in 1900 buite Ladysmith in Natal plaas tydens die Tweede Vryheidsoorlog. Die Boere onder bevel van genl. Schalk Burger val met swaar verliese terug.