Die eerste Poskantoor-spaarbank in Suid-Afrika word in 1884 in die Kaapkolonie gestig.
Die Britse garnisoen op Kuruman gee tydens die Tweede Vryheidsoorlog in 1900 aan die Boeremagte oor.
Nasionale Boekhandel word in 1950 'n filiaal van Naspers.
Die Wet op Bantoe-onderwys tree in 1954 in werking.
Genl Andries Petrus Cronjé word op hierdie dag in 1833 in die Riversdale-distrik in die Kaap gebore. Hy was as seun teenwoordig by die Slag van Boomplaats, later veldkornet, vrederegter, LV vir Zandrivier (1899), veggeneraal tydens die Tweede Vryheidsoorlog, banneling na Bermuda daartydens, en lid van die Wetgewende Raad van die Oranjerivierkolonie (1907). Uit sy huwelik met sy niggie Cornelia Christina Cronjé is twaalf kinders gebore.