KULTUURDAGBOEK 29 FEBRUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Gerugte van ryk kopermyne in die binneland het goew. Simon van der Stel van tyd tot tyd bereik. As handelsliggaam het die VOC sterk daarop aangedring dat waardevolle minerale in sy kolonies ontgin moet word. Toe 'n aantal Manakwas op 'n dag by die Kasteel opdaag sonder koper, het die goewerneur besluit om Isaak Schrijver met 15 soldate en drie mynwerkers saam met hulle na die noorde te stuur om na die kopermyne te soek. Simon van der Stel kon op daardie oomblik sekerlik nie besef het watter fabelagtige ryk minerale bronne in die binneland van Suid-Afrika op ontginning gewag het en watter geweldige invloed dit op die verloop van die Suid-Afrikaanse geskiedenis sou hĂȘ nie.