KULTUURDAGBOEK 22 FEBRUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die inwoners van Stellenbosch is in die nag van 22 Februarie 1707 uit hul slaap gewek deur 'n jong man wat te perd deur die stil strate gejaag en die lug laat weergalm het met die kreet “Victorie, Victorie!!" Die gerug het die burgers bereik dat hulle die stryd teen die omstrede goew. W.A. van der Stel en sy hoë amptenare gewen het, en dat die goewerneur uit die Kaapkolonie verban is.
Dit was inderdaad die geval, en hierna moes verskeie hoë amptenare die Kaap verlaat. Hulle vroeëre beleid het nietemin daartoe help lei dat al hoe meer burgers algaande die binneland ingetrek en sodoende die onbekende oopgestel en hulle gevolglik daar gevestig het. Die owerheid moes telkens agterna beweeg en het daardeur die proses eerder verhaas as vertraag.