Goewerneur Willem Adriaan vd Stel lê in 1700 die eerste stene van 'n nuwe agtkantige kerkgebou. Die oorspronklike toring is steeds deel van die huidige Groot Kerk in Kaapstad.
Dr Christiaan Frederik Louis Leipoldt, SA-digter, skrywer, dramaturg, joernalis, kinderarts, kok en kosskrywer, word in 1880 op Worcester gebore en op die naburige Clanwilliam getoë. Hy vorm saam met Totius en Jan FE Cilliers die Driemanskap van die Tweede Afrikaanse Taalbeweging. Hy is met die Hertzogprys vir Drama in 1944 vir Die Heks, asook vir Die Laaste Aand, bekroon. Hy het nooit getrou nie maar 'n seun, Jeff, aangeneem.
Genl Christiaan de Wet lewer in 1912 sy bekende Mishoop-toespraak op 'n hoop grasbemesting in Prinsepark, Pretoria. "Ek wil mij liever op een mesthoop onder mijn volk bevinden, dan op een schitterend platform onder vreemdelingen," sê hy.