1877: VREDES- TRAKTAAT MET SEKOEKOENIE I

KULTUURDAGBOEK 16 FEBRUARIE

Lees volledig by Kultuurdagboek

Die oorlogsverklaring van die Boere in Mei 1876 teen Sekoekoenie I, opperhoof van die Pedi-stam in Noord-Transvaal, is deur Sekoekoenie en die Britse regering tot hul voordeel uitgebuit. Sekoekoenie het hom hierdeur aan die wêreld voorgedoen as die onskuldige slagoffer van 'n aggressor wat daarop uit is om sy gebied met geweld of te neem.

Die Britse regering het aan die ander kant in die oorlogsverklaring 'n voorwendsel gevind om die anneksasie van Transvaal deur te dryf en as rede aangevoer die kwansuise onvermoë van die Republikeinse regering om die swartes in Transvaal te hanteer.

In werklikheid het Sekoekoenie die Republikeinse regering as 't ware in 'n oorlog gedwing met sy volgehoue uittartende en aggressiewe optrede.

Ná die mislukking van die Boeremagte om Sekoekoenie te verslaan, val die Boere terug en word 'n vrywilligerkorps onder bevel van kapt. C.H. van Schlickmann aangewys om die beleg teen Sekoekoenie voort te sit. Sekoekoenie besef spoedig dat toestande vir hom hopeloos geword het en by besluit om vrede met die Boere te sluit. Ook vir die ZAR was die spoedige vredesluiting van die allergrootste belang, en op 16 Februarie 1877 is die vredestraktaat tussen die twee partye op Botshabelo onderteken en verklaar Sekoekoenie hom onderdaan van die ZAR.

Dit het sir Theophilus Shepstone egter nie beweeg om van sy planne of te sien nie, en op 12 April 1877 annekseer hy Transvaal. Want nie Transvaal se armoede nie, maar juis sy potensiële rykdom; nie sy swakheid wat gehelp woes word nie, maar juis sy krag wat gevrees is, was die rede tot anneksasie.