1743: POLITIEKE RAAD RIG KERKE OP IN KAAP

KULTUURDAGBOEK 15 FEBRUARIE

Lees volledig by Kultuurdagboek

Baron van Imhoff, besoekende goewerneur-generaal van Oos-Indië, het as voorsitter opgetree by die vergadering van die Politieke Raad op hierdie dag. Hy het sy kommer uitgespreek oor die onkunde op godsdienstige gebied wat hy op sy kort reis in die binneland teengekom het.

Talle mense het reeds meer as drie dagreise van die kerke van Stellenbosch en Drakenstein gewoon, sodat meer kerke en beter onderwys op die platteland 'n dringende vereiste geword het.

Daar is besluit dat nog twee kerke gebou word en nog twee predikante na die Kaap sou kom.

Die predikante van die VOC was in hierdie jare betaalde amptenare van die VOC. Dit is opvallend dat die VOC, wat uitsluitend 'n handelsliggaam was, ook sake betreffende die godsdiens aan die Kaap gereël het en so verantwoordelik was vir die vestiging van die Calvinistiese godsdiens aan die suidpunt van Afrika.